Liedjie Stories

Jacques Basson gesels oor die nuutste onafhanklike sangers, hulle stories en liedjies.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Samsung
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Liefde brand

Monday Jul 31, 2023

Monday Jul 31, 2023

’n Mislukte rugbyloopbaan, maande van dwelm- en drankmisbruik, depressie en angs het ’n debuutsanger van die Suid-Kaap in George na die liriekpen gedwing.
En die resultaat is Liefde Brand,  ’n melancholiese liefdeslied, wat vir lank in jou kop en in jou hart gaan spook.
Ellard (29),  ’n opregte boerseun met breë skouers wat enige skoonma se wimpers sal laat fladder,  se debuutsnit is iewat droefgeestig, ’n pop-rock snit waarin vrese, drome en emosies manifesteer.  Tog dra dit ook ’n positiewe boodskap uit dat die regte persoon, jou sielsmaat, iewers op jou lewensreis vir jou wag.
“Ek het dié snit al ’n paar jaar gelede geskryf – toe ek in ’n put van ellende was – ek het aan dáárdie vrou gedink met wie ek eendag gaan trou, aan ons eerste ontmoeting en hoe dit moet voel om veilig by iemand te wees.”“En nee, ek is enkellopend en het nog nie die voorreg gehad om “daardie spesiale persoon te ontmoet nie.” 
Hy glo dat die kuns van liriekskryf uit die diepte van jou siel kom, veral as “jy eerlik en opreg skryf.” 
Ellard het in ’n openhartige onderhoud vertel dat hy “nooit deel van die in-groep op skool was nie.”
 Trouens, hy het altyd gevoel asof hy nêrens inpas nie en “nie een van die gewilde kêrels op skool was nie.”
“Ek wou iewers behoort en daarom het ek dinge gedoen wat nie sosiaal aanvaarrbaar was nie. Ek het, nadat ek matriek voltooi het, vir ’n klub in die Kaap rugby gespeel. Dinge het rof gegaan; tussendeur die oefeninge het ek gedrink en dwelms gebruik. Op 23 was my rugbyloopbaan daarmee heen en het ek besluit dat ek nie so kan aangaan nie, dat ek nie na dwelms en drank moet gryp as dinge moeilik raak nie.” 
“Ek het aan myself en die verkeerde dinge in my lewe begin werk, en bykans sewe jaar later het ek nooit weer my lippe aan drank of dwelms gesit nie.”Ellard glo vas dat musiek ook ’n groot rol gespeel het in die veranderinge wat in sy lewe gebeur het.  “Ek het eers vier jaar gelede begin sing en ek is nie ’n dag spyt daaroor nie. Ek probeer ook om as voorbeeld vir die jeug te dien, iemand waarna jongmense kan opkyk en besef dat hulle iets soets van ’n bitter situasie kan maak.” 
Die kersie op die koek van sy redelike kort musiekloopbaan was toe hy die landsliedere van Suid-Afrika en Kanada tydens ’n skopbokstoernooi gesing het.  “Dit was vir my ’n groot voorreg om my land met my stem te verteenwoordig.” 
Ellard het altyd daarvan gedroom om as ’n rugbyspeler die groen-en-goud te dra. Dit was wel nie vir hom beskore nie, maar hy het sy Springbokkleure in skopboks verwerf. 
Liefde brand is vir hom ’n metafoor van hoe ’n verhouding behoort te wees. “Ek glo in liefde, respek, opregtheid, eerlikheid en goeie waardes. Ek weet niemand is perfek nie, en daar bestaan dalk ook nie die perfekte mense nie, maar ons almal kan daarna strewe om elke dag net beter en beter te kan wees.” 
Ellard het ’n basdonkerstem en die eerlikheid van die die woorde maak van die snit ’n wenner. Hy gaan beslis hiermee ’n paar nuwe aanhangers verwerf.  Liefde Brand  is deur Darryl de Lange (’n voormalige lid van Mean Mr. Mustard) van Musicology Studios opgeneem en vervaardig.  

Image

Your Title

This is the description area. You can write an introduction or add anything you want to tell your audience. This can help potential listeners better understand and become interested in your podcast. Think about what will motivate them to hit the play button. What is your podcast about? What makes it unique? This is your chance to introduce your podcast and grab their attention.

Lydia & Jacques

Version: 20230822